Ivan Botha - debuut as regisseur

Ivan Botha - debuut as regisseur

12 Sep 2017 @ 10:53

Na talle rolle van diep en ernstig tot grapperige en geliefd – Wimpie, Pieter, Basson, Hugo en meer – staan Ivan Botha nou eindelik gereed om sy eerste rol as regisseur van ’n film aan te pak. Sy debuut sal gemaak word in die wilde waterstrome van die Oranje Rivier met die nuwe avoontuurfilm, Stroomop.

 

Botha is van mening dat die beplanning en voorbereiding wat gepaard gaan met ’n produksie in meeste gevalle die maak of breek van die projek kan wees en daarom is hy nou al hard aan die werk, hy beskryf dit as volg: “Internasionale films het groot begrotings wat hulle na alle uitdagings en probleme kan wend en waarmee hulle ook baie keer tyd kan koop. Ons projekte en begrotings bied nie aan ons daai luuksheid nie, dus moet ons nou al – ’n jaar voor die vrystelling van Stroomop – begin met die beplanning en fyn voorbereiding om seker te maak ons bring ’n projek van hoë gehalte vir ons kykers” Met so gesindheid spreek die volgende foto van Botha en Donnalee Roberts boekdele oor die dinamika waarmee die film aangepak word – Ons kan!

Ons wil ons gewaardeerde en lojale ondersteuners uitnooi om saam met ons te kom op die avontuur wat agter die skerms van ’n film plaasvind – bietjie meer tegniese en logistieke oomblikke wat ons behartig om ’n produk aanmekaar te sit waarmee ons julle saam gaan neem op hierdie onbeskryflike visuele reis. So, kom ons begin by die begin – PLEK.

​​​​​

 

 

Om die regte plek te vind om te verfilm klink dalk na ’n eenvoudige taak, maar daar is veelvuldige elemente om ingedagte te hou wanneer mens dié besluit neem. Tydens ons besoek aan die Oranje Rivier het Botha gesels oor ’n paar van die elemente wat spesifiek tot Stroomop betrekking het, dit sluit in:

Storievoorkeur

Begroting

Veiligheid

Wetlike aspekte

Departementele behoeftes

In die volgende paar inskrywings op die platform sal ons die bostaande elemente uitpak en verpak om te sien hoe alles saamvloei om die perfekte kombinasie vir die projek te maak. Kyk die video hieronder en word deel van die soektog en avontuur om die perfekte strome en landskappe te vind om die storie van Stroomop te vertel: