Mary-Sue Morris

Kostuumontwerper

“Beauty is not in the face; Beauty is a light in the heart.” Kahlil Gibran

Mary-Sue Morris is ’n ontwerper met meer as vyftien jaar in die grimering- en kostuumveld, spesifiek in film, mode, advertensies, TV-reekse en meer. Aangesien film haar grootste passie is, is sy gek na die vryheid en vertroue wat ’n regisseur haar gee wanneer sy nuwe karakters skep: “Hierdie persoon vertrou jou ondervinding so baie dat hulle jou toelaat om 100% te belê, wat op hierdie manier die beste moontlike resulate lewer vir daardie spesifieke produksie." - Mary-Sue

Sy is ’n gebore skepper en daarom kan ’n mens niks wat Mary-Sue bied in ’n boksie inpas nie, omdat elke nuwe projek ’n uitdaging, avontuur en reis is!

“Omdat ek my talente kan leef, het ek die ondervinding om aan die wonderlikste produksies te werk en het al na die wonderbaarlikste plekke gereis. Met elke nuwe reis raak ek ontslae van ’n bietjie van die ou en omarm die nuwe, wat eenvoudig ’n beter, meer up-to-date weergawe is van die mens wat ek gebore is om te wees.”

Open yourself to new possibilities, allow yourself to live, laugh and love….

Sommige van Mary-Sue se projekte sluit in Pad na jou Hart (kostuumontwerper), Vir Altyd (grimering en SFX-ontwerper), Child and the White Lion (grimering), Nul is nie niks nie (grimering en SFX-ontwerper), Meerkat Maantuig (grimering, hare, kostuum- en SFX-ontwerper), The Lullaby (grimering, hare, kostuum- en SFX-ontwerper), Ballade vir ’n Enkeling (grimering en hare) en Vir die Voëls (grimering en hare).

Volg Mary-Sue gerus op haar Wacky Wonderland Travels op Facebook, Twitter en Instagram.