Dries Scholtz

Lynvervaardiger

Dries Scholtz werk al meer as tien jaar in die filmindustrie. Hy het as produksieassistent begin en het later as vervaardiger sommige van die beste plaaslike films saam met sy besigheidsvennoot Danie Bester van The Film Factory behartig.

Deur sy loopbaan het hy ook in naproduksie aan verskeie films as redigeerder en naproduksietoesighouer gewerk. Sy ondervinding op stel en kennis van naproduksie gee hom groot insig wanneer hy as die lynvervaardiger of vervaardiger van ’n speelfilm werk.