Dawie de Jager

Oorspronklike Musiek

Dawie de Jager het sy musiekloopbaan in 2002 begin saam met die legendariese Afrikaanse groep KLOPJAG. In 2008 begin hy ook die groep Die Tuindwergies. In 2010 pak Dawie sy eerste film aan en skryf die musiek vir die film Roepman.

Dawie se persoonlikheid en unieke stem het in baie mense se harte ingekruip toe hy aan M-Net se tweede seisoen van The Voice deelgeneem het.

Na meer as 2 000 lewendige vertonings, sewe albums en komponis van sewe klankbane van films, glo Dawie daar is nog plek vir baie groei. 

“Om musiek te maak is ’n voorreg en ek is elke dag dankbaar om myself ’n musikant te kan noem.”