Charlotte Buys

Klankontwerper

Met 24 jaar se ondervinding in die filmindustrie, waarvan 20 jaar op klankontwerp en -redigering fokus, bring Charlotte ʼn ervare en uiters geoefende oor tot enige produksie waaraan sy werk.

Sy het ʼn lang lys van van speelfims op haar kredietltys waarvan twee met SAFTA-toekennings bekroon is: White Lion en Material.

Sy het ook al die dialoog en “ADR” op meer as 30 vollengte films behartig.

Van haar laaste klankontwerp werk sluit die volgende titels in: Madiba TV series – (2016) – regisseur Kevin Hooks, The Journey is the Destination - (2016) – regisseur Bronwen Hughes, Noem My Skollie - (2016), wat genomineer is vir die Best Sound Rapid Lion-toekenning van 2016, Shepherd’s and Butchers - (2015), wat genomineer is vir ‘n SAFTA-toekenning in 2016, ‘n Man soos my Pa (2015), Dias Santana (2015), Abraham (2015), Back To School Mom (2014), Abraham (2014), La Boheme (2014) , SAF3 (TV series) (2013-2014), Hollywood in my Huis (2014), Impunity (2014), Die Ontwaking (2014) en die lys vervolg.

Sy is ook die vrou agter die klank van die volgende lokprente: Kite (2013), Felix (2013), Fanie Fourie se Lobola (2012), Vehicle 19 (2012/2013), Material (2011), Shuck's Shabalala's Guide to 2010 (2010).

Van haar klankredigering titels sluit die volgende in: Impunity (2014), Kite (2013), Fanie Fourie se Lebola (2012) (Dialoog en ADR), Vehicle 19 (2012) (Dialoog), Material (2011) (Dialoog), Platteland (2011) (Dialoog), Otello Burning (2011) (Dialoog), Lucky (2011) (Dialoog), Eternity (2010) (Dialoog, ADR, Foley, SFX ), Egoli (2010) (Dialoog), Susanna Van Biljon (2010) (Dialoog), Shucks Shabala’s Survival Guide to 2010 (2010) (Dialoog) en die lys vervolg.