Basiami Segola

Klankontwerper

Basiami het haar loopbaan in 2004 begin as ’n klankmenger en -ontwerper op die krities bekroonde televisiereeks, Homecoming. Daarna het sy aan verskeie dramas vir die SABC gewerk, insluitend Gaz’lam, Hillside, One Way, Soul City Season 12, asook Skeem Saam Seasons 1-3. Basiami was ook die klankontwerper op die SABC mini-reeks Society.

Sy het as klankmenger en -ontwerper gewerk aan verskeie dokumentêre wat Giant Steps, Angels in the Dust, A Pair of Boots and a Bicycle, The Manuscripts of Timbuktu, Dawn of a New Day, The Shore Break en Bag on my Back: Return to Zimbabwe insluit.

Basiami was die klankontwerper en finale menger op ’n verskeidenheid speelfilms, naamlik Ouma se Slim Kind, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, Superhelde, Bakgat! en Bakgat! 2, Telegraph to the Sky (kort film), Night Drive, die krities aangeskrewe Roepman, Wolwedans in die Skemer (gebaseer op die gewilde radiodramareeks in the 1970’s), Klein Karoo, Lien se Lankstaan Skoene, Pad na jou Hart, Agent 2000, Ballade vir ’n Enkeling, Noem My Skollie en Hear Me Move, waarvoor sy ’n SAFTA gewen het vir Beste Klankontwerp.

Sy het ook as klankopnemer gewerk vir die dokumentêre eenheid op District 9. Haar mees onlangse speelfilmkrediete sluit in die gruwelprent Alone, en ook Table Manners en Baby Mamas.

Basiami was die klankopnemer, klankontwerper en finale menger op Child, wat deel was van die 48 Hour Film Project. Dit is as die Johannesburg-wenner aangewys en was die amptelike keuse by die Taos Kortfilmfees in 2012 in New Mexico, VSA. Die rolprent was daarna op die kortlys as een van die amptelike keuses om te vertoon by die Cannes Court Metrage in 2012 in Cannes, Frankryk.

Ander projekte waaraan Basiami gewerk het, sluit ’n 13-reeks biografiese-kuns dokumentêre reeks A Fine Line in as klankontwerper en finale menger, asook ’n reeks radio- en televisie advertensies vir Standard Bank en oudio-visuele advertensies vir MTN Zambië, Nando’s, Cell C en KFC.