Vivian

Simoné Nortmann

Simoné Nortmann is 'n klassiek opgeleide, Suid-Afrikaans bekroonde aktrise wat in Johannesburg woon. Sy het in 2012 aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer met 'n BDram-graad in Teaterstudie, met haar hoofvak in Spel en Kabaret onder toesig van die bekende teaterdirekteur, Marthinus Basson. Sedertdien het sy in TV, film en teater gewerk.

Simoné het haar uitbreekrol in die gewilde seep, 7de Laan, as Nadia Croukamp in 2013 (-2015) gekry. Sy het die Beste Nuweling-toekenning by die Royalty Soapie Awards in 2014 ontvang. Ander TV-krediete sluit in kykNET se gewilde en bekroonde komediereeks, Hotel.

Voordat sy haar plaaslike rolprentdebuut gemaak het, het Simoné in September 2015 'n werkswinkel in Hollywood bygewoon waar sy in diepte Shakespeare- en stemopleiding ontvang het by die genomineerde Academy Award en Broadway legende, Diane Venora. Met haar terugkeer van Los Angeles het Simoné die vroulike hoofrol in 2016 se krities bekroonde lokettreffer Vir die Voëls onder leiding van Quentin Krog, vertolk en is sy aangewys as Beste Aktrise by die Tallgrass International Filmfees in Kansas en het sy ’n Suid-Afrikaanse Tempo Toekenning vir Beste Aktrise in 2017 gekry. Sy het ook ’n rol vertolk in die donker komedie Vuil Wasgoed onder regie van Morne du Toit en ook Wonderlus met Johan Cronje as regisseur.

Haar onlangse teaterkrediete sluit in The Big Bad Musical, Die Paartie en haar eerste soloproduksie Los Asb ’n Boodskap wat by die Aardlop Nasionale Kunstefees in 2017 gedubuteer het.

In 2017 het sy haar eerste spelwerkswinkel Art of Acting bekend gestel. Simoné se doel met haar werkswinkels is om opkomende akteurs te inspireer en op te lei deur die deel van fundamentele speltegnieke gebaseer op haar eie persoonlike ondervinding in die vermaaklikheidsindustrie.