Nixie

Carla Classen

Carla Classen is ’n aktrise en teaterfundi en het in 2017 die verhoog aangedurf in Bloodwedding by die Markteater asook die Nasionale Kunstefees. Sy is ook binnekort in 7de Laan te sien.

Sy het in 2016 die Woordfees-prys ontvang vir haar fisieke teaterproduksie she howled and forgot to say sorry wat sy premiere by die Kopanong-fees by die Universiteit van Pretoria gehad het. Die talentvolle aktrise het hierdie verhoogstuk gekonseptualiseer, daarin opgetree en het ook die regie daarvan behartig.

Carla het ’n BA Hons in Drama en Filmstudies verwerf en is ook ’n gekwalifiseerde Lessac Stem en Liggaamspraktisyn. In 2015, het sy haar onderrigopleiding in Lessac Kinesensics by die jaarlikse Summer Intensive in die VSA voltooi. Sy het opleidng ontvang van die meester onderwysers Marth Munro en Deborah Kinghorn.

Sy het ook ’n ondersteunende rol in die kortfilm Sur7enoid gehad, waarvan Kgodumo Mohlala die regie behartig het, as deel van die Jeug Filmmakersprojek. Carla het deelgeneem aan verskeie fisieke teaterproduksies, soos Bailey Snyman se Hinterland en Stanley Washed Away asook A Sense of Touch.

In 2014 en 2015 onderskeidelik het Carla die rol van Heksie vertolk in die kinderteaterproduksie Liewe Heksie en die Rotbende onder leiding van Dr Estelle Zeeman en die rolle van beide The Author en Goodness vertolk in Christine’s Room deur Dr Myer Taub.