Guy

Armand Aucamp

Armand is ’n akteur wat vanuit Kaapstad en Johannesburg werksaam is. Hy het in 2009 van City Varsity School of Media and Creative Arts eerste in sy klas gegradueer en werk sedertdien in TV, film, teater en radio. Oor die afgelope agt jaar, werk Armand plaaslik en internasionaal aan TV-reekse soos Sterlopers Seisoene 1 en 2, Pandjiewinkelstories, Hard Copy Season 4, HBO se Homeland, BET se Madiba asook die minireeks The Book of Negros vir CBC.

Armand het ook rolle vertolk in verskeie internasionale speelfilms soos Mandela: Long Walk to Freedom, Chronicle, Mankind en Eye in the Sky.

Plaaslik het hy gewerk aan die vollengte films Knysna en Die Ontwaking asook die kritiek aangeskrewe kortfilm, Almon, Henry waarin hy saam met Nataniël opgetree het. Armand het ook naam gemaak in die rolprent Ballade vir ’n Enkeling en Die Boekklub.

Hy het onlangs opgetree in die hoogs aangeskrewe film Krotoa waarin hy die rol van Jan van Riebeeck vertolk het.

Armand het in die nuwe aksie-dramareeks Knapsekêrels op kykNET verskyn en sal ook te sien wees in die vollengte rolpernt The Furnace, onder leiding en geskryf deur Darryl Roodt.