Adrie

Chanelle De Jager

Chanelle het as ’n voltydse aktrise vir Franz Marx Films gewerk vir die eerste vyf jaar van haar loopbaan. Terwyl sy op ’n werksvakansie in die VK in 2004 was, het sy aan kort films gewerk en het ’n sterk belangstelling ontwikkel in die proses agter die kamera.

Sy het na Suid-Afrika teruggekeer en het Film en Televisie studeer en het produksie, redigering, skryf en regie as vakke geneem met 19 onderskeidings in haar eerste jaar.

In haar tweede jaar is sy ’n pos aangebied as ’n assistent- en videoredigeerder vir ’n natuurlewe kinematograaf en het sy dit aanvaar. Sy het breedvoerig deur Namibië gereis en het dokumentêre gemaak wat die kern van “lodges” vir advertensiedoeleindes vasgevang het. Vir hierdie posisie moes sy na Kaapstad verhuis.

 In die begin van 2011, het sy by ’n akteursagentskap, Emma Ress Management, aangesluit en het sedertdien voltyds rolle vertolk in advertensies, films, teater en internationale televisiereekse. Sedert Mei 2013, het sy as ’n vryskut rolverdelingsregisseur vir KAYOS Casting en Scout’s Honour Casting Directors gewerk.

In Oktober 2015, het Channelle haar eie ateljee, Typecast, as ’n rolverdelingsregisseur begin. Sy is ook die medestigter van The Acor's Toolbox wat jong akeurs mentor om die industrie te oorleef.

Lees meer oor Chanelle op haar persoonlike webwerf